Local newsNewsNews

Nuwe enkelsnit vir Harry Broersma (Deja vu).

Harry Broersma se Medikasie is nou beskikbaar. Kliek op skakel om te luister.

VANDERBIJLPARK. – Met twee Afri-Indie nominasies in die sakkie vir Rof, het Harry Broersma van Deja vu, 28 Junie die groep se nuutste enkelsnit, Medikasie, vrygestel.

Harry se nuwe song, Medikasie, kook! Foto verskaf

“Ek het die lied vanuit ‘n donker plek geskryf in ‘n tyd wat ek in stryd was met myself. Maar, die lied is nie donker nie. Dit bring steeds hoop. Ek hou daarvan om mooi uit donker te omskep,” vertel Harry.

Hy kombineer digkuns met musiek om alternatiewe Afrikaanse musiek met skop te skep.

Met Medikasie wil hy mense laat weet om net die beste weergawe van hulself te wees.

Gaan luister!

 
Back to top button