AdvertorialBusinessNewsSponsored

Marijon Accounting behaal trotse mylpaal van 20 jaar

Van 'n klein begin met net twee kliënte het Marijon gegroei tot 'n gerekende saak met 'n kliëntebasis van meer as 500 entiteite.

 

Op 28 Junie 2024 vier Marijon Accounting hul 20ste bestaansjaar.
Van ‘n klein begin in Drie Riviere met net twee kliënte, het die onderneming intussen gegroei tot ‘n standhoudende, hoogs gerespekteerde saak met ‘n kliëntebasis van meer as 500 entiteite.
In 2008 het die onderneming sy vlerke verder gesprei en as Reymar Accouning na Alberton uitgebrei. Marijon is gehandelsmerk in 2021.

“Vanaf dag een was dit vir ons belangrik om saam met ons kliënte te groei. Ons sien om na al hul SAID- en statutêre aangeleenthede sodat entrepreneurs al hul aandag aan hul besighede kan gee. So bou ons langtermyn verhoudinge met ons kliënte op,” sê Marie Viljoen, grondlegger van Marijon.
“Ons help ook graag bejaardes met die indiening van hul belastingopgawes om sodoende ‘n bydrae tot ons plaaslike gemeenskap te lewer,” sê sy.
Marie het haar opleiding in 1991 voltooi en haar Geoktrooieerde Rekenmeesterskap – GR(SA) – in Junie 1998 verwerf nadat sy die raadseksamen suksesvol afgelê het.

Sy is ‘n lid van die Suid-Afrikaanse Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAIGR) sowel as die Suid-Afrikaanse Instituut van Professionele Rekenmeesters (SAIPA) waar sy tot ondervoorsitter in die Sedibeng-distrik verkies is.
Buiten haar professionele loopbaan het Marie ook verskeie ander belangstellings soos die speel van klavier, saksofoon en trekklavier, tuinmaak, dans, kersmaak, decoupage en waterski.

Marijon lewer onder andere hierdie dienste: 

Maatskappy Registrasies
CIPC-voorleggings
Finansiële state
Maandelikse Boekhouding
SARS-registrasies en nakoming
Inkomstebelasting
BTW
Betaalrol-oplossings
COID

 

Ontmoet die span:

Marie Viljoen, stigter van Marijon Accounting.
Reynard Viljoen, hoof: Betaalrol.
Johnny Fitzsimons: Senior rekenmeester & kantoorbestuurder.
Angelo Aliveriotis: Senior kantooradministrateur.
Ernst Volschenk: Junior rekenmeester.
Ulani Erasmus: Leerlingrekenmeester.
Mario Boshoff: Betaalrol-assistent, jnr. kantooradministrateur.
Leandrie van Onselen: Kantoor-assistent, boekhouding.

Missie: Ons by Marijon Accounting is verbind tot perfeksie, integriteit en aanspreeklikheid in elke aspek van ons beroep.
Visie: Om ‘n vertroude diensverskaffer te wees en die voorkeurkeuse vir ons kliënte.

Adres: Ringweg 63, Drie Riviere, Vereeniging. Tel: 016 423 7707. Webwerf: https://marijonaccounting.co.za/

 
Back to top button