Local newsNews

Lees hier voordat jy sonpanele laat installeer

Baie huishoudings maak deesdae van sonkrag gebruik as teenvoeter vir kragonderbrekings. Maar kies jou installeerder en produk goed want daar kan 'n paar vangplekke wees!

Inwoners van die Vaaldriehoek kon die afgelope drie maande ‘n slaak van verligting gee omdat ons in die tyd voor die verkiesing nie gereelde beurtkrag of ander kragonderbrekings gehad het nie. Tog bly kragvoorsiening maar ‘n bekommernis en baie huis- en sake-eienaars oorweeg dit steeds om sonpanele te laat installeer. Daar is so baie produkte op die mark en net soveel installeerders, so hoe kies ‘n mens as jy slim wil koop?

Carien Pretorius van die Vaaldriehoek het hierdie navraag gerig:

Vir die mense wat reeds sonkrag het, wat sou julle anders doen as julle oor kon laat installeer? Wat wens julle het julle geweet voor julle geïnstalleer het? Watter raad het julle?

Andries Visagie, moderator op Vaalweekblad se Facebook-groep, het ondersoek ingestel en gee hier goeie advies:

* Gebruik ‘n erkende installeerder met goeie verwysings.
* Bly ver weg van vlooimarkstelsels en China Mall Specials.
* Maak seker alle regulasies word nagekom (ook COC)
* Kies handelsmerke wat goeie ondersteuning in SA het.
* Moenie in die strik val van “Ons wil al ons elektriese apparaat kan gebruik soos normaal” nie, dan is die stelsel onnodig groot en duur. Nie almal kan ‘n stelsel van R500 000 bekostig nie.
* Laat die installeerder jou huis se verdeelbord aanpas (“split DB”) sodat dit makliker is om bedrading te doen tussen “critical loads” en “non-critical loads”.
* Raak ontslae van die groot kragvreters (kry ‘n songeiser of hittepomp).
* Installeer die omsetter / wisselrigter op ‘n plek waar geraas jou nie sal pla nie.
* Ekstra batterykapasiteit is altyd ‘n bonus.

 

 
Back to top button