Local newsNewsNews

Genoeg is genoeg. Die gate moet reg

'n Paar besighede en vrywilligers het ingespring om slaggate rondom besighede in Sasolburg reg te maak.

SASOLBURG. – Die besighede in Grootfontein, Sasolburg het al lankal hande in die hare oor die slegte paaie rondom die winkels in die area.

Daar is oral slaggate en op een plek was daar ‘n sloot dwarsoor die pad waar die munisipaliteit ‘n pyp reggemaak het, maar nooit die gat herstel het nie.

Die span moes ook al ‘n sloot opvul. Foto verskaf Dennis van Osch

Die slegte stand van sake is besig om te verander. Verskeie besighede het saamgespan en met by die R15 000 se skenkings vir sakkies teer word die gate nou een-vir-een gevul.

“Almal vind baat by die regmaak van die paaie. Gewone voertuie sal na dese weer met gemak hier kan ry,” sê Dennis van Osch, eienaar van Staal vir Afrika.

So ver het Kruifonteinsentrum, Dreamworld, die Salvage Store, Dawid Right van Ntate eiendomme en die nabygeleë Sasol garage skenkings gemaak.

“Daar is ongelukkig heelwat besighede wat weier om te help. Nie net die een-persoon ondernemings en winkels nie, maar ook van die sentrums se eienaars. Dis regtig teleurstellend,” sê Dennis oor die gebrek aan belangstelling in ‘n projek waarby almal sal baat vind.

Indien u wil betrokke raak, kontak vir Dennis by 082 803 2124.

 
Back to top button