Local newsNewsNews

Dringend: Fondse benodig na motorfietsongeluk

Fondse word benodig om ongelukslagoffer te help en om haar kollega te begrawe. Kliek op die skakel vir meer inligting.

VANDERBIJLPARK. – Na die grusame ongeluk waarin André Gerryts oorlede is en Louisa de Coning ernstig beseer is, Woensdag, 19 Junie, word daar dringend fondse benodig.

André Gerryts is in die ongeluk tussen sy motorfiets en ‘n vragmotor oorlede. Foto verskaf

Louisa (39), ʼn ma van vier, is tans in ʼn staatshospitaal opgeneem met ernstige beenbreuke en ander beserings.

Sy is die broodwinner in die gesin en daar is tans baie onvoorsiene uitgawes.

Louisa is bekend daarvoor dat sy altyd ander help waar sy kan, maar nou het sy en haar gesin hulp nodig.

Alle donasies kan in die Vanderbijl Community Support Group (ʼn geregistreerde nie-winsgewende organisasie) se rekening inbetaal word.

Mnr. Fanie de Jongh het die versekering gegee dat alle geld wat in die rekening inbetaal sal word, net so vir Louisa se herstel of André se begrafnis onkostes betaal sal word.

Donateurs kan ook help om vir André se begrafnis te betaal, deur donasies in dieselfde rekening te maak.

Baie belangrik! Gebruik André of Louisa as verwysing.

Elke R10 sal ʼn verskil maak.

Die bankbesonderhede is:

Rekeningnaam: Vanderbijl Community Support Group

Rekeningnommer: 302223223

Bank: Standardbank

Takkode: 014737

Takkode vir Elektroniese oorbetalings: 051001

Swift adres: SBZA ZA JJ

Check Also
Close
 
Back to top button