Local newsNewsNews

Bril en Bybel ongeskonde in brand

Groot skade en skok na brand by woonstelblok

VANDERBIJLPARK. – ʼn Brand het Maandagoggend een woonstel verwoes en ʼn tweede met erge brandskade gelaat by Kritti Mansions in Frikkie Meyer-boulevard.

ʼn Ambulans en die brandweer was gou op die toneel en die brand is geblus. Ongelukkig is Mikayla Loggerenberg en Brigette Windt se woonstel verwoes.

Brigette Windt en Michaela Loggerenberg met hul kat, Gracie ure nadat ‘n brand hul woonstel verwoes het. Foto: Gerda Bruinette

Vaalweekblad het saam met MIkayla se oupa, Lappies Labuschagne wat op die grondvloer van dieselfde kompleks woon, die brandtoneel besoek.

Waar daar eens ʼn kombuis, voorkamer en gang was is nou net rommel. Die agterste kamer is die enigste wat nie heeltemal verwoes is nie.

ʼn Oop Bybel het ongeskonde op ʼn rak gelê en Brigette se bril was ook nog in die kamer.

Die oop Bybel, TV teen die muur en die waaier was van die min dinge wat ongeskonde na die brand was. Foto: Gerda Bruinette

Die twee dames was baie getraumatiseerd, en Brigette het haar gewrig seergemaak toe hulle geval het op hul pad deur die digte rook.

Behalwe vir die rook wat hul ingeasem het, was daar nie ander beserings nie.

Brigette en Mikayla het Timeless Knowledge Learning Centre wat aanlyn, en persoonlike klasse aanbied, van hul woonstel bestuur. Hul leermateriaal, selfone en skootrekenaars is in die brand verwoes.

Alhoewel, die twee tydelik by Elize en Lappies tuisgaan, benodig hul dringend hulp van die gemeenskap om hul selfone en skootrekenaars, asook meubels, komberse en klere te vervang.

Enige een wat dalk kan help, kan dit na die Vryheidsfront Plus se kantore neem by Faradaysentrum.

Leerders se ouers kan Mikhayla se ma, Daleen skakel by 082 549 2048 indien hul navraag het oor Timeless Learning.

Volledige artikel in Vaalweekblad van 28 Junie

Back to top button