Local newsNewsNews

Ongeluk eis jong barista

Plaaslike bakker en barista in grusame ongeluk met vragmotor.

VANDERBIJLPARK. – Dinsdag, 19 Junie was ‘n hartseerdag vir die familie en vriende van André Gerryts (23).

Hy en Louisa de Koning (39) was op pad werk toe op sy motorfiets, toe hul in ‘n ongeluk met ‘n vragmotor betrokke was.

Plaaslike Barista André Gerryts is oorlede in die ongeluk. Foto: Schalk Gerryts

André is op slag oorlede en Louisa is met ernstige beserings na ‘n hospitaal vervoer.

Die ongeluk het tussen 06:40 en 06:45 op die kruising tussen die Barrageweg en Louis Trichardt-boulevard plaasgevind. Die SAPD ondersoek nog die saak.

Ons innigste simpatie aan André se man, Schalk en die res van sy familie en vriende en ons bid Louisa spoedige herstel toe.

André was ‘n barista by Blissfull Baking in Vanderbijlpark, terwyl Louisa die een is wat al die lekker eetgoed daar bak.

‘n Huldeblyk aan André sal in Vaalweekblad van 28 Junie verskyn.

 

 
Back to top button