Iets positiefs uit waterslaai-nagmerrie

Die waterslaai wat die Vaalrivier soos 'n groen weiveld laat lyk is 'n langdurige stryd wat reeds miljoene rand beloop. Maar Johan Roodt van Sasolburg het 'n ander plan!

Vaalweekblad het reeds verskeie berigte gepubliseer oor die impak en projekte wat geloods is om die indringerplante te bestry.

Tussen al die uitdagings en gebeure het plaaslike inwoner Johan Roodt van Sasolburg, besluit om iets positiefs hieruit te maak.

“Ek het kontak gemaak met Rosemary Anderson van Stonehaven-on-Vaal toe ek sien het hulle haal die waterslaai uit en voorgestel dat ek dit kan gebruik om (vermicast) organiese kunsmis te maak wat deur ertwurms verwerk word.

Die organiese kunsmis wat
gemaak word.

Johan is ‘n kenner op die gebied van organise kunsmis en doen dit al sewe jaar. Hy gebruik verskillende afvalprodukte wat dieremis (vark, bees, hoender en perdemis) meng en deur erdwurms laat verteer en hul afskeiding vir ‘n getoetsde organiese kunsmis sorg.

Hy het ook ‘n toestemmingoorkeekoms met Rand Water aangegaan.

“Ek het tans die ooreenkoms en plek vir die projek en gebruik mense van die Sasolburg Recovery Centre as deel “skills development”. Sodoende leer hy ander hoe om die kunsmis te maak, asook hoe om ‘n organiese groentetuin te bestuur en hoe om kwekery plante te kweek in die kunsmis, ” verduidelik Johan.

Die kunsmis wat met die waterslaai gemaak word, sal later as ‘n bemarkbare produk aan die publiek verkoop word teen goedkoper pryse as chemiese kunsmis.

“Dié metode is reeds as ‘n sukselvolle projek bewyd deur Frikkie Hefer en sy span van Hope Again Recovery Centre in Potchefstroom,” vertel Johan.

Johan hoop verder dat hy toestemming by die plaaslike owerhede sal kry om die ongebruikte area by die skougronde vir die projek te kan gebruik.

Sy plan is dat inwoners hul tuinvullis daar kan aflaai sodat dit in organise kunsmis omskep kan word.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version