Local newsNewsNews

Meyerton-donkerkop wil ander vroue inspireer

Die Ms Global Dream Girls SA-kompetisie fokus op die bevordering van kulturele diversiteit en die bemagtiging van vroue om hul drome te bereik.

MEYERTON. – Dit was voorwaar bestem vir die 21-jarige Melissa Welgemoed om as een van die semi-finaliste vir die Ms Global Dream Girl SA-kompetisie gekies te word, want dié jong dame wil dié platvorm gebruik om ander dames (jonk en oud) te inspireer.

Daar is 179 semi-finaliste en die top 100 sal deurgaan na die volgende rondte. Die gala-aand vind in Desember in Bloemfontein plaas.

“Ek beskou my deelname nie as kompetisie teen ander inskrywings nie, maar ‘n kompetisie vir myself waaruit ek gaan leer om menseverhoudings te bou, positief na die lewe te kyk en om die geleentheid te gebruik om meer oor myself te ontgin,” sê Melissa, wat in 2021 aan die HS Dr. Malan matrikuleer het.

Die pragtige Melissa Welgemoed
(21) van Meyerton.

Haar deelname aan die kompetisie het haar reeds in die afgelope maand geleer dat sy graag ‘n positiewe en motiferende impak op ander vroue wil maak.

Melissa is aan die begin van 2023 met endometriosis gediagnoseer.

“Ek het deur ‘n moeilike tyd gegaan. Ek was deur ‘n 1 000 voorskrifte, doktersafsprake en self twee laparoskopies in ‘n kwessie van ‘n jaar,” vertel sy.

Sy moes ‘n warboel van emosies, pyne van kop tot tone verduur en was ook aan ‘n horde menings oor endometriosis blootgestel.

“Net soos ek het elkeen daarbuite sy eie storie en beproewings. Ek voel vroue kan mekaar met gevalle soos endometriosis ens. bystaan. Om al hierdie uitdagings vir onsself te hou het geen waarde nie,” sê Melissa.

Maart is Endometriose-bewusmakingsmaand. As deel hiervan word vroue gevra om ietsie geel te dra die maand om te wys lyers staan nie alleen nie.

* Melissa benodig borgskappe om aan verskeie liefdadigheidsprojekte as deel van die kompetisie te kan deelneem. Enige ondersteuning sal waardeer word. Kontak haar gerus via epos: melissa1july@gmail.com

You can read the full story on our App. Download it here.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button