Tippie ‘n top treffer by Vaalpark Primêr

By Vaalpark Primêr word daar seker gemaak al die kinders kan met begrip lees. Dis hoekom Tippie die Olifant weer 'n draai daar gaan maak het.

VAALPARK. – Tippie is ‘n grys olifantjie wat sy eie boekereeks het. Oral waar hy gaan is hy ‘n groot treffer onder leerders van graad RR tot by graad 3, asook die kinders met spesiale leer behoeftes.

Aangesien 7 Februarie amptelik bekend staan as “Hardop Lees”-dag, het Tippie spesiaal by Vaalpark Primêr gaan kuier.

Hy is gewild en geliefd by die skool, want hy het hul verlede jaar ook besoek om sy leesreeks bekend te stel.

Tydens sy besoek het hy die leerders vertel hoe belangrik dit is om te lees en het hy hulle ook ‘n paar danspassies geleer.

Tippie het die graad RR en graad R leerders in hul klasse verras, voordat hy saam met die graad 1 – 3’s en die LSEN leerders in die saal gekuier het.

Die kinders het die besoek baie geniet en was veral opgewonde om saam met Tippie afgeneem te word.

Exit mobile version