Drie Riviere straks deel van Midvaal

Drie Riviere kan teen 2026 deel van die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit word.

‘n Aansoek om die munisipale grense van die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit en Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit te verskuif sodat Drie Riviere deel van die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit word is voorlopig deur die afbakeningsraad goedgekeur.

Dit sluit Drie Riviere, Drie Riviere Proper en Drie Riviere Oos en Klipplaatdrif in.

Die publiek het 30 daer om beswaar teen die herafbakening aan te teken.

Dalene Venter, DA-raadslid van Wyk 1 van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit (Drie Riviere) het die veldtog die afgelope paar jaar gedryf.

Dennis Ryder, die DA se voorsitter in die Vaaldriehoek, het dit as ‘n groot sukses beskryf.

Talle inwoners van Drie Riviere het aangedui wat hulle uit die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit wil wegbreek en by die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit wil aansluit as gevolg van swak dienslewering.

Volgens Ryder kan die herafbakening egter eers in 2026 in werking tree.

Dalene Venter, raadslid vir Drie Riviere, het die proses gedryf. Foto: Christiaan Cloete
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version