Local newsNewsNewsSport

Vaaldriehoek hoërskool atlete onder beste in SA

Trots op die Vaal se hoërskoolatlete wat uitstekend in 2023 gevaar het.

VANDERBIJLPARK. – Die 2023 Top 10 atlete in Hoërskole Atletiek (baan – en velditems) is onlangs deur Check-e-log gepubliseer.

Ses van die Vaal se hoërskole is in verskeie items verteenwoordig, met Transvalia wat die voortou geneem het, gevolg deur die HS Dr. Malan, Hoërskool Driehoek, Hoërskool Overvaal, Vereeniging Gimnasium en Curro Vanderbijlpark.

Althea Visser van Transvalia is Suid-Afrika se nommer een verspringer vir dogters o.16.

In die seuns o.19 driesprong en verspring was daar verlede jaar ʼn strawwe kompetisie aan tussen Ethan Olivier van die HS Overvaal en Dwight McCloen van Dr. Malan.

Ethan het uiteindelik koning gekraai as SA se nommer een o.19 driesprong atleet met Dwigth wat derde op die ranglys is.

In die verspring het Dwight weer die eerste plek bereik met Ethan tweede op die ranglys. Ethan is ook sesde op die ranglys vir hoogspring seuns 0.19.

PC de Meyer van Dr. Malan het sy staal in die diskus en gewigstoot vir seuns o.19 getoon en het in albei items onder die top 10 geëindig.

Sharne de Bruyn van Transvalia het weer in die dogters o.19 hoogspring (4de) en driesprong (10de) goed gevaar.

Taylon van Breda, Transvalia, se naam verskyn drie keer op die lys. Sy is 3de op die ranglys vir driesprong dogters o.17, 5de vir verspring dogters o.15 en 7de vir dogters o.15 90m hekkies.

Die ander atlete wat in meer as een item die Top 10 gehaal het is Charlize Laubscher van HS Driehoek vir dogters o.14 400 m en dogters o.19 100m; Chardone Schmidt van Dr. Malan vir dogters o.17 200m en o.17 100m en Marli Dimond van Transvalia vir onderskeidelik die dogters o.17 800m en 400m items.

Die ander top atlete van die Vaal sluit in:

Michael Redelinghuys, Transvalia, hoogspring, S o.14

Marco Strydom, Transvalia, diskus S o.19

Tiaan Britz, Vereeniging Gimnasium, diskus S o.16

Vinaldo Spamers, HS Overvaal, diskus S o.14

Danel Brink, HS Transvalia, diskus D o.16

Morgan Viljoen, HS Dr. Malan, spiesgooi, D o.15

Brandon Matthews, HS Transvalia, gewigstoot en diskus S o.15

Nickus Maritz, HS Driehoek, gewigstoot, S o.15

Johanne Lotter, HS Driehoek, gewigstoot, D o.19

Megan Welman, Dr. Malan, gewigstoot, D o.14

Joshua van Deventer, Dr Malan, hoogspring S o.19

Gontse Mothibi – Vaal Triangle High Schools, hoogspring, S o.17

GP Verster, Dr. Malan, hoogspring S o.15

Lianca Nagel, Dr. Malan, verspring D 0.16

Verspring Dogters o.14, Minki Nortje Transvalia

Mieke Grobler, Transvalia, 400m hekkies D o.16

Prince Dzentima, Curro Vdbk, 100m S o.14

Lenigque de Winnaar, Transvalia 100m D o.16

Johanka de Villiers, Transvalia 400 m D o.15

Astrid Fourie Vereeniging Gimnasium 200m D o.15

Check Also
Close
Back to top button