Local newsNewsNews

“Kunswerk”-dwelms by lughawe gekonfiskeer

Die dwelms het op die oog af soos “kunswerke” gelyk.

Doeanebeamptes van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het vandeesweek by die vragskure van die OR Tambo Internasionale Lughawe beslag gelê op 23 kilogram dwelms.

Die dwelms lyk op die oog af soos kunswerke en het ‘n geraamde straatwaarde van R37 miljoen.

Volgens SAID was doeanebeamptes besig om inspeksie te doen toe hulle op ‘n boks afkom wat na Nieu-Seeland op pad was.

Die boks het items van gevormde kunswerke bevat wat verdag gelyk het. Die beamptes het ‘n dwelmtoetsstel gebruik en van die items het positief getoets vir kristalmet, wat 10 kg geweeg het.

Die  Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het ook op 13 kg fentanyl beslag gelê.

Edward Kieswetter, kommissaris van SAID, het die waaksaamheid van die doeanebeamptes wat die dwelms opgespoor het, geloof.

“SAID Doeane sal geen moeite ontsien om die uitvoer of invoer van dwelms en enige onwettige middel wat soveel pyn en swaarkry vir gesinne, veral hul jeug, veroorsaak, te stop nie.

“Dwelmsmokkelaars moet weet dat ons Doeane-afdeling ten volle verbind is tot hierdie doelwit, en sonder vrees of guns sal optree teen daardie misdadigers wat by die dwelmhandel betrokke is.

“Hulle moet weet dat hulle die volle mag van die wet in die gesig sal staar,” het Kieswetter gesê.

Dwelmsmokkelaars het hul bes gedoen om die dwelms soos kunswerke te laat lyk. Foto: Verksaf
Dwelms wat as ‘n kunswerk vermom is. Foto: Verskaf

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button