Local newsNewsNewsSport

Valie het skitter toekoms by PUMAS

Altyd lekker as 'n jongeling van die Vaaldriehoek presteer. Ontmoet Jaco Jordaan (19) 'n uitblinker op die rugbyveld.

NELSPRUIT. – Die Ankerskool se hoof, Francois du Toit, is super trots op een van die skool se voormalige leerlinge, Jaco Jordaan.

Die 19-jarige het verlede jaar vir die Valke se LSEN Cravenweekspan uitgedraf en van Februarie 2023 is hy deel van die PUMA Rugby Instituut in Nelspruit.

Jaco het in Vanderbijlpark grootgeword, maar woon tans by sy pa, AJ in Mpmulanga om nader aan sy rugby-unie te wees.

Jaco Jordaan langs die rugbyveld.

Nie net is hy ʼn groot Springbok en PUMA ondersteuner nie, hy het hierdie jaar op loskopstut vir die Junior PUMA-span gesak.

“Ek was nog te jonk om vir die o.21 span, maar ek werk hard en hopelik kan ek my self opwerk na van die seniorspanne volgende jaar,” het hy in ʼn telefoniese onderhoud vertel.

Ten spyte van die vakansie, sorg Jaco dat hy steeds oefen en fiks bly. “Ons eerste wedstryde begin al einde Januarie. Daar is nie nou kans om te laat slaplê nie,” het die toegewyde jongman vertel.

Jaco hoop om na sy tyd by die Rugby Instituut ʼn professionele rugbyspeler te word.

Check Also
Close
Back to top button