Local newsNewsNews

Gerhard Steyn bekoor senior burgers

Lede van die Meyerton Senior Sosiale Klub het die oggend saam met Gerhard Steyn geniet.

MEYERTON. – Die Meyerton Senior Sosiale Klub het op Donderdag 23 November die jaar op ‘n hoë noot afgesluit met ‘n funksie by Lion’s Creek in Meyerton waartydens die sanger Gerhard Steyn opgetree het.

Steyn, bekend vir sy treffer “Baby Tjoklits”, het ou harte vinniger laat klop en voete laat stamp met sy aansteeklike ritme en musiek.

Hy het tydens die optrede verklap dat hy en sy vrou deesdae in Vaal Oewer woon en dat hulle die lewe in die Vaaldriehoek geniet.

Die Meyerton Senior Sosiale Klub is ‘n onafhanklike nie-winsgewende sosiale klub met ongeveer 160 lede en bestaan al 40 jaar.

Die klub het oorspronklik as die Immanuel Klub vir Senior Burgers bekend gestaan, maar die naam is later verander na Meyerton Sosiale Senior Burger Klub.

Die klub se leuse is: “die lewe begin na 60″.

Mense wat belangstel om by die klub aan te sluit kan vir Sarie Louw ‘n WhatsApp stuur by 072 100 0486.

Gerhard Steyn sing sy bekende liedjie “Baby Tjoklits” vir senior burgers van Meyerton. Foto: Christiaan Cloete
Lede van die Meyerton Senior Sosiale Klub dans op die maat van Gerhard Steyn se musiek. Foto: Christiaan Cloete
‘n Lid van die Meyerton Senior Sosiale Klub geniet Gerhard Steyn se optrede. Foto: Christiaan Cloete
Irene Brits en Ruth Herholdt poseer saam met die sanger Gerhard Steyn vir ‘n foto. Foto: Christiaan Cloete
Louis en Sylvia Smal saam by die vertoning. Foto: Christiaan Cloete

You can read the full story on our App. Download it here.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button