Local newsNewsNews

Tragiese selfdood by brug skok gemeenskap

Die dood van ’n geliefde is ’n hartverskeurende ervaring, maar wanneer ’n geliefde selfdood pleeg is dit ’n dubbele slag vir die gemeenskap en die geliefdes wat agterbly. Vaalweekblad se innige simpatie aan die man se geliefdes.

Die ontdekking van ‘n man se liggaam nadat hy homself by die brug op die R57 (die grens tussen Gauteng en die Vrystaat) opgehang het, het inwoners gister hartseer en geskok gelaat.
Die hartseertoneel het mens van vooraf laat besef hoe uitdagend dié tyd van die jaar vir sommige mense kan wees.
Dit was gisteroggend ‘n warboel van gebeure en die area by die brug was tot laatmiddag afgesper nadat ‘n werker die man se liggaam gevind en die polisie in kennis gestel het.  Die amptelike polisieverslag is nog nie beskikbaar nie.
Volgens gerugte is dit ‘n Sasolburg-inwoner wat onlangs sy vrou aan die dood afgestaan het. Dié hartseer verlies het waarskynlik tot sy selfdood gelei.
Daar word ook beweer dat drie kinders nou wees gelaat is.
Indien jy so moedeloos voel dat jy selfdood oorweeg word jy gevra om die SA Suicide Crisis Line – 0800 567 567 – te skakel waar hulle mense in al 11 amptelike tale sal bystaan.
As jy eerder met iemand meer plaaslik in die Vaal wil gesels, nooi Alwyn Burger (wat bekend is vir sy omgee vir mense wat emosionele probleme ervaar) dat hy by 082 3066 287 gekontak word.
Internasionale Mansdag is op 19 November regoor die wêreld gevier en een van die jaar se knelpunte was juis om selfdood onder mans te probeer keer.
 
Back to top button