Local newsNewsNews

Rozanne spog met Solidariteit se 2023 #JouYster toekenning

VANDERBIJLPARK. - Daar was meer as 1 000 nominasies, maar dit was Rozanne Herion wat weggestap het met Solidariteit se 2023 #JouYster toekenning.

Rozanne, wat in Sasolburg groot geword en HTS Carel de Wet se heel eerste hoofdogter in 2003 was, woon die afgelope agt jaar in Kempton Park. Maar sy is steeds gereeld in die Vaal want haar familie en vriende is hier. Haar haar pa bly in Sasolburg en haar ma in Parys.

“Dit was destyd vir my ‘n groot eer as hoofdogter van die skool en deel van die skool se geskiedenis te wees. So ook is dit nou vir my ‘n groot eer om die toekenning van Solidariteit te ontvang,” sê Rozanne.

Vir die kompetisie kon jy nie self inskryf nie, jy moes deur iemand genomineer word. Die beoordelaars het eers ‘n top 20 gekies, wat elk ‘n volledige portfolio (cv, kwalifikasies, foto’s en ‘n video oor hoekom jy voel jy moet wen moes verskaf).

Rozanne het die Top 5 gehaal wat daarna vir ‘n onderhoud met industrie kenners in Centurion gaan. “Hulle vra nie net uit oor jou ambag nie, maar jou kwalifikasies, jou tydsverdryf buite werk, familietyd, en nog vele meer (vir balans),” verduidelik Rozanne.

Die wenner is dieselfde dag na afloop van die onderhoude aangekondig.

“Dit is vir my ‘n wonderlike erkenning vir my paadjie wat ek moes stap om tot hier te kom. Erkenning vir die moed en passie wat ek vir my werk het. Dit voel of ek en my vaardighede vir die eerste keer raakgesie word,” is Rozanne se gevoel.

Haar man was by toe sy as wenner aangewys is en haar kinders en skoonouers het haar by die huis ingewag om geluk te wens.

“Ek het my pa ‘n “video call” gegee en hy was oorstelp van vreugde. Ander familielede en oudstudende het gebel om my geluk te wens,” vertel Rozanne. en trots, my oom het die aand n shampanje bottel gebring en saam gevier. Meeste van my nuwe en selfs oud studente het my gekontak om geluk te wens.

In haar vrye tyd geniet sy die buitelug en is lief om te kamp en die buitelug. Sy is ook kunstig en geniet dit om partytjie dekor te maak.

Rozanne Herion wat weggestap het met Solidariteit se 2023 #JouYster toekenning.

* Rozanne het haar nasionale diploma in Metallurgiese ingenieurswese aan die Vaal Unitversity of Technology (VUT) verwerf. In 2015 is sy deur The Culima Institute in Jetpark genader om vir hulle leermateriaal te ontwikkel vir hul City & Guilds kursisse. Van daar af het sy tot nou toe op opleiding toegespits.

Sy het haar fasiliteerder, assessoor en moderator kursisse deur die jare voltooi. Sy is geregistreer by NAMB (National Artisan Modertation Body) om ambagstoetse (rooiseel) te kan afteken en modereer.

Tot huidig het ek sy ‘n 98% slaagsyfer, en oudstudente kontak haar gereeld om te sê waarmee hul nou besig is en meeste gee nou nog lof oor hoe sy hul lewens verbeter het.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button