CommunityLocal newsNews

Gholfspelers, kom wys jul slag by AfriForum se gholfdag!

Wees deel van AfriForum Vanderbijlpark se spesiale dag, 29 September by Maccauvlei-gholfklub

Alle gholfspelers word genooi om op 29 September aan AfriForum se gholfdag by die Maccauvlei-gholfbaan te kom deelneem.
Buiten dat daar lekker pret en spesiale gees gaan wees, beloof die organiseerders dat daar ook groot pryse op die spel is.
Die dag vorm deel van AfriForum se fondsinsamelingsaksie.
Die formaat is ‘n Betterball, scramble drive 1 score to count. Registrasie vind die oggend vanaf 09:00 plaas met ‘n Shotgun Start om 11:00.
Die prysuitdeling word direk na afloop van die spel gehou, waartydens ‘n ligte ete ook bedien sal word.
Die koste is R1 400 per vierbal. Gholfkarretjies moet self by Maccauvlei bespreek word.
Individue of maatskappye kan ook ‘n putjie borg teen R1 000 per putjie. ‘n 18A-sertifikaat kan daarvoor uitgereik word.
AfriForum is baie aktief in ons gemeenskap en benodig uit die aard van die saak fondse om doeltreffend te wees. Die AfriForum Gholfdag is een van die maniere waarmee fondse ingesamel word.
Vir verdere inligting, kontak Jan by 082 883 1789 of stuur ‘n e-pos aan voorsitter.vanderbijlpark@afriforumtak.co.za.

 

 
Back to top button