CommunityLocal newsNews

Catherine Robson Kinderhuis sê dankie aan dié vrywilligers

Dis wat jy kry as jy 40 vrywilligers maal met sewe ure se harde werk!

Wat kry jy as jy 40 vrywilligers maal met sewe ure se harde werk? Meer as ‘n maand se herstelwerk en opknapping wat in een oggend afgehandel word! Voeg dan daarby vrywilligers wat hul kundigheid en vaardigheid op gebiede soos loodgieters- en elektriese werk, bou- en teëlwerk gratis aanbied en die bedrag geld wat gespaar word, raak enorm! Om dié redes wil Catherine Robson Kinderhuis graag ‘n groot woord van dank uitspreek teenoor lede van die LCF Gemeente Vanderbijlpark, sowel as vrywilligers van Salvation Works Renovations & Restorations wat onlangs hul tyd, vaardigheid en barmhartigheid beskikbaar gestel het om die inwonende kinders se kamers en leefareas te verfraai en op te knap. Hier is van die vrywilligers wat aan die uitreik-aksie deelgeneem het.

n Klompie lede van die LCF Gemeente Vanderbijlpark

Catherine Robson Kinderhuis sê ook baie dankie aan Ronel van Zyl:

“Elke goeie ouer van ‘n tienerdogter sal verstaan hoe graag jy wil he dat jou “prinses” se kamer en omgewing MOOI moet wees om haar nie net te laat voel soos ‘n dame nie, maar om ook haar selfbeeld, self-respek en menswaardigheid te ontwikkel en positief vas te lê vir die toekoms. Daarom kan Catherine Robson Kinderhuis nie vir Ronel van Zyl en haar donateurs en borge GENOEG dankie se vir die PRAGTIGE opknapping van ons “prinsesse” se kaste, kamers en huis nie. Nie net het Ronel borge en donasies ingesamel vir nuwe kaste en verf nie, sy het ook kleurkaarte en kontrakteurs koördineer – en SELF ingespring en begin verf en ons dogters se deure prentjiemooi versier!! Ronel – jy is ‘n vrou duisend en ons is ewig dankbaar vir jou vriendskap met Catherine Robson xxx”

 
Back to top button