CommunityLocal newsNews

Versorgingsoord se inwoners tydens uitreik bederf

'n Lekker bederfdag vir inwoners van Residentia Wilgerus!

 

Clicks Riverside Boulevard in Vanderbijlpark het op 26 April 2023 saam met Clicks Frankfort ‘n uitreik-aksie na Residentia Wilgerus in Frankfort onderneem om inwoners van die versorgingseenheid met warm komberse en lekkergoedpakkies te bederf.
Die komberse is geskenk deur Clicks Riverside Boulevard, twee van hul aptekers en ook Sun Pharmaceuticals. ‘n Aantal sneesdoekies, geskenk deur Medihelp, is ook aan matrone Zelda van Residentia Wilgerus oorhandig.

Me. Ranelda Oberholzer, apteekbestuurder van Vanderbijlpark, het tydens die uitreik met inwoners en besoekers gesels oor die veilige gebruik van medikasie, soos om nie mekaar se medisyne te deel nie. Inwoners se bloeddrukke is deur die klinieksuster geneem en suiker- en cholesteroltoetse is ook gedoen.

Die doel van die dag was om Clicks se motto vir 2023, #call to serve, uit te leef en te wys dat Clicks-apteke daarop ingestel is om ‘n gemeenskapsapteek te wees wat die beste belange van pasiënte en kliënte op die hart dra. Clicks Riverside Boulevard en Clicks Frankfort bedank graag die areabestuurder, Nicolene Bezuidenhout, en streeksbestuurder, Riaan Nieuwoudt vir hul ondersteuning aan die uitreik.

 

Foto bo: Nog betrokkenes wat aan die dag deelgeneem het was (van links): Marelize Vorster (verpleegsuster), Ranelda Oberholzer (apteekbestuurder: Riverside Boulevard Vanderbijlpark), an assistente Louise en Itumeleng.

Me. Ranelda Oberholzer, apteekbestuurder van Vanderbijlpark (met die wit jassie), by inwoners van Residentia Wilgerus tydens die uitreik.

 
Back to top button