CommunityLocal newsNews

Diabeteslyers, onthou jul oog-ondersoeke!

Dr. C. Gouws by Ocumed het 'n passie vir diabetiese pasiënte en om hulle te help om oogdegenerasie te voorkom.

MEDIESE NUUS:

Visie is noodsaaklik, maar sommige mense dobbel steeds met hul sig en neem nie die uitwerking van diabetes op hul oë ernstig op nie.

Diabetes kan jou visie vernietig as dit nie goed beheer word nie. Die goeie nuus is dat oogdegenerasie as gevolg van diabetes voorkombaar is.

Die oë van onlangs-gediagnoseerde diabetiese pasiënte moet so gou as moontlik na diagnose ondersoek word, waarna jaarlikse opvolgondersoeke moet volg.

Neem diabetes ernstig op, en nog meer so as jou diabetes aan ander sistemiese siektes soos hoë bloeddruk gekoppel is. Laat toets jou vir diabetes as jy dikwels dors is, baie water moet drink en as jy dikwels ‘n behoefte het om te urineer. Laat toets jou so gou as moontlik en as jy wel diabetes het, gaan spreek ‘n oogarts.

Dr. C. Gouws by Ocumed het ‘n passie vir diabetiese pasiënte en om hulle te help om oogdegenerasie te voorkom.

Vir meer inligting, skakel (016) 982 4020.

 

Dr. C. Gouws.

 

 

 
Back to top button