CommunityLocal newsNews

Kom kuier in die opgeknapte Hoëveldse Tuine

Kontak Hanlie by 064 634 9741 vir meer inligting

SASOLBURG. – AfriForum se Sasolburgtak beplan ‘n interessante Herfsmark vir 29 April in die Hoëveldse Tuine. Die park is deesdae weer ‘n lushof nadat AfriForum dit onder hande begin neem het.

Kom besoek gerus die volgende mark en kies jou Moedersdaggeskenke uit ‘n verskeidenheid handgemaakte artikels en juwele.

Besoekers sal onder die lieflike bome kan kuier en smul aan heerlike etes en ander tuigemaakte eetgoed terwyl die kinders op die springkasteel baljaar. ‘n Sangkompetisie vir kinders tot 18 jaar sal ook gehou word.

Stalletjies kos R150 elk en kan bespreek word by Hanlie by 064 634 9741.

 

 
Back to top button