MEYERTON. – Volgens Jacques Steyn, een van die organiseerders van die Paasskou, het die pretpark tussen 31 Maart tot 10 April besoekers van Meyerton en omliggende gebiede verwelkom.
Vaalweekblad het ook daar gaan inloer.
Volgens Steyn is dit die eerste jaar wat die Paasskou in Meyerton gehou word, maar die organiseerders hoop om dit ‘n jaarlikse intstelling te maak.
Toegang tot die pretpark was gratis en besoekers het slegs betaal vir die pretritte.
Vir die brawe siele was daar ook ‘n unieke pretrit genaamd “Zipper”, wat glo die enigste van sy soort in Afrika is, waar jy in hokke rondgeslinger word hoog in die lug.
Dit was veral dié pretrit wat gewild onder besoekers was.
Een van die besoekers, Nondumiso Motsoane, het ‘n springkasteel ter waarde van R13 500 in ‘n gelukstrekking gewen.