Local newsNewsNews

KYK: Paasskou bied groot opwinding in Meyerton tydens Paastyd

Pretritte, springkastele, narre en spookasem was aan die orde van die dag by die Paasskou wat tydens die Paastyd in die veldjie oorkant die toetsstasie in Meyerton verrys het.

MEYERTON. – Volgens Jacques Steyn, een van die organiseerders van die Paasskou, het die pretpark tussen 31 Maart tot 10 April besoekers van Meyerton en omliggende gebiede verwelkom.

Vaalweekblad het ook daar gaan inloer.

Volgens Steyn is dit die eerste jaar wat die Paasskou in Meyerton gehou word, maar die organiseerders hoop om dit ‘n jaarlikse intstelling te maak.

Toegang tot die pretpark was gratis en besoekers het slegs betaal vir die pretritte.

Vir die brawe siele was daar ook ‘n unieke pretrit genaamd “Zipper”, wat glo die enigste van sy soort in Afrika is, waar jy in hokke rondgeslinger word hoog in die lug.

Dit was veral dié pretrit wat gewild onder besoekers was.

Een van die besoekers, Nondumiso Motsoane, het ‘n springkasteel ter waarde van R13 500 in ‘n gelukstrekking gewen.

Die “Zipper” is ‘n enigste van sy soort en was een van die groot trekpleisters van die Paasskou. Foto: Christiaan Cloete
Kinders geniet hulself by die Paaskou in Meyerton. Foto: Christiaan Cloete
Nondumiso Motsoane, het ‘n springkasteel ter waarde van R13 500 in ‘n gelukstrekking gewen. Foto: Verskaf
‘n Nar vou ballonne tydens die Paasskou. Foto: Christiaan Cloete

You can read the full story on our App. Download it here.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button