CommunityLocal newsNews

Kom beleef Trekboere se tradisies hier

Die Trekboervereniging nooi alle belangstellende inwoners van die Vaaldriehoek om daardie week saam met hulle in die natuur in die Ottosdal-omgewing te kom deurbring

 

Vaaldriehoekse geskiedenisliefhebbers wat nog altyd wou weet hoe die Voortrekkers hul ossewaens ingespan het, hoe stokbrood gemaak word en hoe om met ‘n regte voorlaaier te skiet, kry vanaf 26 Maart to 2 April ‘n geleentheid om dié ou tradisies eerstehands te beleef.
Die Trekboervereniging nooi alle belangstellende inwoners van die Vaaldriehoek om daardie week saam met hulle in die natuur in die Ottosdal-omgewing te kom deurbring.
Kom kuier saans om die kampvuur en luister na musiekinstrumente uit die ou dae, slaap in ‘n tent onder die sterrehemel en ervaar hoe die boere gedurende die Groot Trek geleef het.
Die koste vir die week is R980 per persoon vir volwassenes en R600 per laerskoolkind. Dit sluit vyf dae se etes in.
Vir meer besonderhede of besprekings, kontak Jan-Danie Malan (082 9657002), John Roderick (0764312212) of Endrietta van Rensburg (0812702538).

Illustrasiefoto: Nicky J. van Vuuren, Chilli PicNic

 
Back to top button