CommunityLocal newsNews

More is dit Kontreimark in Goeiehoek!

Wanneer jy iets handgemaak koop, koop jy meer as een voorwerp. Jy koop ure van eksperimentering en mislukking, jy koop dae, weke en maande se werk. Jy koop 'n stukkie van die hart en siel van die vakman. Kom ondersteun ons vakmanne en -vroue. Hulle verdien dit!

Annatjie du Toit en medewerkers van die Goeiehoek Kontreimark skryf:
Hoe lyk dit staan ons afspraak nog vir die 11de Februarie?
Hier staan ‘n pragtig voorbereide terrein reg om báie voete te ontvang.
Opgewonde en baie trots op ons nuwe produk, wat met sorg en na deeglike navorsinging  vervaardig word in die fabriek van ‘n entoesiastiese entrepreneur uit ons eie omgewing: PRIMA GEHALTE GEDROOGTE GROENTE teen baie ekonomiese pryse. ‘n Ware uitkoms in hierdie tyd van beurtkrag en onsekerheid oor die gehalte van gevriesde groente wat (wie sal weet?), moontlik herhaaldelik ontvries en weer gevries is tydens lang ure sonder krag.
‘n Fees van elegante klere vir die voller figuur met vleiende bykomstighede in die saal sowel as buitestalletjies.
Rou heuning in grootmaat teen ‘n fraksie van winkel pryse.
Handgemaak, gebak, gekweek en gebou vir elke smaak en behoefte. Dit is wat ons mark bied aan elke gewaardeerde besoeker!!
Ons wil graag die volgende stukkie waarheid met julle deel:
Wanneer jy iets handgemaak koop, koop jy meer as een voorwerp. Jy koop ure van eksperimentering en mislukking, jy koop dae, weke en maande se werk. Jy koop nie net ‘n voorwerp nie, jy koop ‘n stukkie van die hart en siel van die vakman.
Kom ondersteun ons vakmanne en -vroue. Hulle verdien dit!
Groete tot Saterdag 11 Februarie.
Annatjie en medewerkers. Goeiehoek Kontreimark.

Die Goeiehoek Kontreimark word op die plaas Bosrand in die Midvaalgebied gehou, sowat 12 kilometer vanaf 4Way Motors in Drie Riviere. Padaanwysings: Neem die R42-roete van Vereeniging na Heidelberg. Draai rigting Goeiehoek by die Meyerton/Goeiehoek-kruising. Na 4 kilometer vanaf kruising, draai regs in die syaansluiting, rigting Goeiehoek. Bosrand is die eerste plaas op linkerhand ná die syaansluiting.

 
Back to top button