‘Vir armes is dit net nog ‘n jaar van sukkel’

Kontak Dante Chan Christensentrum by 074 171 6503 as jy betrokke wil raak.

Kapt. Alwyn Wilken van die Dante Chan Christensentrum in Vanderbijlpark skryf:

Met die aanbreek van die splinternuwe jaar het ons almal nuwe drome en vooruitsigte vir 2023. Vir die arm, behoeftiges en straatmense van Vanderbijlpark is dit net nog ‘n nuwe jaar van honger en sukkel. Vir 10 jaar probeer ons ons bes om vir die groep te sorg. Baie dankie vir elkeen wat ons so getrou bystaan met finasies, kos en klere.

Ons voorsien aan straatmense, mans, vroue, kinders en babas. Ons gee vir enige kleur, en enige kleur gee vir ons…

Ons doen dié soort werk al lank genoeg om te weet wie altyd en oral kry en wie nooit kry nie, wie wil werk en wie net donasies soek, wie tevrede is met mieliemeel en “sojamins” en wie vra vir blikkieskos, olie en suiker.

Armoede ken geen kleur nie. Ons gee nie kospakkies nie want ons glo dat as jy behoeftig is, sal jy loop (as dit moet) vir ‘n ete.

Ons waardeer elke skenking, hoe klein ookal.

Kontak ons gerus per Whatsapp by Dante Chan Christensentrum by 074 171 6503 as jy betrokke wil raak.

Foto onder: Dante Chan, die Vanderbijlparkse skoolseun wat ‘n paar jaar gelede vermoor is, en na wie die Christensentrum in die dorp vernoem is.

Exit mobile version