Eerste skooldag van 2023

Die 2023-skooljaar het Woensdag 11 Januarie amptelik afgeskop!

MIDVAAL. – Leerlinge van Laerskool Risiville het Woensdag hul eerste skooldag met ywer aangepak.

Terwyl verskeie van die skool se leerlinge ná ‘n lang vakansie na die skool teruggekeer het was dit vir ander die begin van hul skoolloopbaan.

Die burgemeester van die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit, rdh. Peter Teixeira, het in ‘n kort boodskap aan skoolleerders gesê hy hoop almal is uitgerus en gereed vir die jaar wat voorlê.

Met die skole wat oopmaak wil ek elke leerder aanmoedig om hul bes te gee omdat julle die toekomstige leiers van hierdie nasie is.

Julle is die leiers van môre wat die aflosstokkie sal optel en dit aan die volgende geslag oorgee,” het Teixeira geskryf.

Hy het ook die onderwysers bedank vir hulle wonderlike werk en toewyding gedurende hierdie moeilike tyd en gesê dat onderwysers nie genoeg erkening kry vir die rol wat hulle speel om die leiers van more te slyp nie.

Esther Lombaard (links) en Milieke Schimdt (regs), twee graad eentjies van Laerskool Risiville, kleur prentjies in op die eerste skooldag van 2023 in Juffrou Charlmari de Beer se klas. Foto: Christiaan Cloete
Ava de Wit, ‘n graad 1-leerder in Juffrou Charlmari de Beer se klas, is die ene konsentrasie terwyl sy ‘n prentjie inkleur. Foto: Christiaan Cloete
Anri Nieuwenhuys, ‘n graad 1-leerder by Laerskool Risiville, tydens haar eerste skooldag in 2023. Foto: Christiaan Cloete
Mia, ‘n Graad R-leerder, met inkleurpodlood tydens ‘n inkleursessie in Juffrou Maria Prinsloo se Sterretjie Klas. Foto: Christiaan Cloete
Lutke (voor) en Liam (agter) met inkleurpotlode in Juffrou Maria Prinsloo se Sterretjie Klas op die eerste skooldag van 2023. Foto: Christiaan Cloete
Tatum het gesorg vir ‘n komieklike oomblik in Juffrou Maria Prinsloo se klas op die eerste skooldag van 2023. Foto: Christiaan Cloete
Exit mobile version