MIDVAAL. – Leerlinge van Laerskool Risiville het Woensdag hul eerste skooldag met ywer aangepak.
Terwyl verskeie van die skool se leerlinge ná ‘n lang vakansie na die skool teruggekeer het was dit vir ander die begin van hul skoolloopbaan.
Die burgemeester van die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit, rdh. Peter Teixeira, het in ‘n kort boodskap aan skoolleerders gesê hy hoop almal is uitgerus en gereed vir die jaar wat voorlê.
“Met die skole wat oopmaak wil ek elke leerder aanmoedig om hul bes te gee omdat julle die toekomstige leiers van hierdie nasie is.
“Julle is die leiers van môre wat die aflosstokkie sal optel en dit aan die volgende geslag oorgee,” het Teixeira geskryf.
Hy het ook die onderwysers bedank vir hulle wonderlike werk en toewyding gedurende hierdie moeilike tyd en gesê dat onderwysers nie genoeg erkening kry vir die rol wat hulle speel om die leiers van more te slyp nie.
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.