Local newsNewsNews

Woede oor honde wat langs R59-snelweg afgelaai is

Hoewel dit onder ‘n wolk van geheimhouding gedoen word, verneem Vaalweekblad dat gevegte en gepaardgaande weddenskappe steeds gereeld in die Vaaldriehoek plaasvind.

Waarskuwing: Die inhoud van die berig kan sensitiewe lesers ontstel.

VEREENIGING. – Woede en afgryse is die afgelope week op Facebook uitgespreek nadat die verminkte karkasse van drie uitgegroeide Amerikaanse veghonde langs die R59-snelweg gevind is.

Mnr. Hannes du Plessis, ‘n inwoner van Redan, het die drie dooie honde Sondagmiddag, 9 Oktober, afgeneem waar hulle langs die Redan-afrit gelê het.

“Mens kan nie regtig sien waaraan hulle dood is nie, maar die een het ‘n baie groot wond aan sy nek gehad. Hy is moontlik deur ‘n ander hond doodgebyt. ‘n Ander een het ‘n afgryslike wond aan sy sy gehad waardeur mens sy ribbekas kon sien,” sê hy.

Hy vermoed die honde was moontlik slagoffers van hondegevegte.

“Ek kan nie dink dat normale, regdenkende mense dit aan ‘n dier kan doen nie. Gevoellose mense wat by hondegevegte betrokke is, moet toegesluit en die sleutels weggegooi word,” sê hy.

* Hoewel dit onder ‘n wolk van geheimhouding gedoen word, verneem Vaalweekblad dat hondegevegte en gepaardgaande weddenskappe steeds gereeld in die Vaaldriehoek plaasvind.

Groot honde, veral Amerikaanse veghonde (pitbull-terriërs) word glo dikwels vir dié doel uit hul eienaars se erwe gesteel. Honde-eienaars word aangeraai om waaksaam te wees en voorsorg te tref sodat hul diere nie maklik deur gure karakters uit hul erwe gelok en gesteel kan word nie.

 

Die drie Amerikaanse veghonde wat vermoedelik in hondegevegte dood is en langs die R59-snelweg uit ‘n voertuig gegooi is. Foto: Hannes du Plessis

 

*****************************************************

You can read the full story on our App. Download it here.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Check Also
Close
Back to top button