Local newsNewsNews

Meyerton-vrou benodig R35 000 vir borsoperasie

Chantel Sinclair sukkel al die afgelope 10 jaar met 'n pyblike abses binne haar bors.

***Waarskuwing: Die storie bevat foto’s wat nie geskik is vir kinders nie en mag sensitiewe lesers ontstel.***

MEYERTON. – “Ek is elke dag in pyn en die pyn raak al hoe erger. Ek kan skaars ‘n bra dra.”

Só vertel die 40-jarige Chantel ‘n ma van twee van Rothdene in Meyerton, wat al die afgelope 10 jaar met ‘n pynlike abses in haar bors rondloop.

Dit het gelei tot die baie pynlike, moeilike en onsmaaklike situasie waarin sy haarself bevind.

Volgens Chantel het sy onlangs die abses laat dreineer, maar dit het tot ander probleme gelei.

Daar is ‘n gat in my bors gemaak om die abses te dreineer maar ongelukkig het dit my probleem vererger. Ek sit tans met ‘n gat langs my tepel wat een keer ‘n week oop en toe gaan. Die gat gaan toe maar bars weer op as my bors swel,” vertel sy.

Die kleinste stamp is baie pynlik en in hierdie stadium kan ek skaars ‘n bra dra, so pynlik is dit. Wanneer ek wel ‘n bra aantrek word my bors rooi en swel dit op. Dit raak warm van die pyn en brand,” verduidelik sy.

Chantel het onlangs ‘n mammogram en ‘n sonarskandering van haar bors laat doen en dokters het haar aanbeveel om vir ‘n operasie te gaan om die abses chirurgies te verwyder.

Die enigste probleem is dat so ‘n operasie tussen R30 000 en R35 000 kan kos.

Chantel trek op die oomblik swaar en het ook nie ‘n mediese fonds nie.

Sy het haar onlangs tot sosiale media gewend in ‘n poging om fondse vir haar operasie in te samel.

Mense wat in staat en bereid is om finansieël by te dra tot die operasie kan met Chantal in verbinding tree by 073 493 1433.

Besoek gerus haar Back a Budy-blad om meer van haar toestand te leer: https://www.backabuddy.co.za/champion/project/chantel-sinclair

Die gat wat gemaak is om die abses te dreineer gaan kort-kort oop as haar bors opswel. Foto: Verskaf

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button