LifestyleLocal newsNewsOpinions

Midvaal: Boete van R30 000 as jy só oortree!

Raadsheer Phil C. Pretorius se Hoofsweep Rapport 51

 

Deur Raadsheer Phil C. Pretorius, DA-Hoofsweep: Midvaal Plaaslike Munisipaliteit

Die son is uit en vir ʼn paar dae kan Midvaal werk maak van slaggate, straatligte en skraap van paaie. Volg gerus die werksaamhede van die munisipaliteit op die munisipale Facebook asook die Midvaal News Network facebook. Die Burgemeester en sy verskeie LUR’e (MMCs) het ook individuele bladsye wat op die vordering verslag lewer.

Midvaal verloor jaarliks noemenswaardige bedrae inkomste aan die diefstal van water en elektrisiteit. Alhoewel die verbetering in die rapportering en reaksietye vir waterlekke die verliese drasties verminder het, word daar steeds groot hoeveelhede water gesteel deur die omseiling van watermeters en diefstal by brandweerkrane. Dieselfde reuse aksie teen elektrisiteitsdiefstal het ʼn afname van 21% na ongeveer 7.15% elektrisiteitsverliese in die laaste jaar te weeg gebring. Dit is a.g.v. die planne en aksies teen informele elektrisiteitsdiefstal wat onder ongelooflike moeilike en gevaarlike omstandighede met groot omsigtigheid aangepak is. Dit bly egter steeds ʼn groot kommer en probleem waaraan Midvaal hard werk. Nie net is dit ʼn verlies in verbruikersinkomste nie maar rig ook groot skade aan by infrastruktuur wat oorlaai word en gevandaliseer word, om nie eers te praat van die lewensgevaarlike konneksies vir die inwoners en kinders nie.

In die middel van die provinsiale en nasionale regering se slakkepasformalisering van die informele behuisingsektor het Midvaal begin om die water, sanitasie en elektrifiseringsnetwerke te ontwerp, daarvoor begroot en installeer om die menswaardigheid en menseregte van die inwoners te beskerm en om die las van verliese en skade op die ander inwoners te verlig. In die proses om voorafbetaal meters te installeer by alle wonings in Midvaal sal dienslewering geformaliseer word, betaling verseker word en diefstal gemonitor kan word. Nuwe meer betroubare meters wat ook meer as een wooneenheid bedien word geïnstalleer en die resultaat is dat baie minder diefstal en meter peuter plaasvind. In ʼn oudit wat deur Midvaal se Ingenieursdepartement uitgevoer is, het betalings met die nuwe meters in ʼn spesifieke woonbuurt verdriedubbel.

Nuwe innoverende tegnologie, nuwe meters en analise-sagteware word ook nou gebruik om te bepaal waar water- en elektrisiteitsverliese plaasvind wat dan ondersoek word. Op die manier word waterlekke herstel en peuterkonneksies ontbloot. ʼn Onmiddellike boete van R30 000 word gehef, die diens word verwyder en ʼn saak van diefstal teen die oortreder ingestel. Om Midvaal inwoners die kans te gee om enige onwettige konneksies te verklaar sonder dat boetes gehef word sal daar binnekort ʼn 90 dae amnestietydperk afgevaardig word. Ek raai alle inwoners aan wat weet van of enige onwettige konneksies vermoed, om van hierdie geleentheid gebruik te maak om deel van die oplossing te word.

Trotse Midvaal Groete, Phil

Web: www.midvaal.gov.za

Facebook: Midvaal Local Municipality en Midvaal News Network

Tel: 0861 643 8225

MyMidvaal App

 

****************************************************************************************

You can read the full story on our App. Download it here.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button