Reuse tekort aan Afrikaanse onnies

VANDERBIJLPARK. – Daar is tans ’n reuse tekort aan Afrikaanse onderwysers in die Vaaldriehoek en omliggende omgewing volgens Dr Rochelle Marais-Botha, Adjunk Vakleier vir Afrikaans vir Onderwys, verbonde aan die Noordwes-Universiteit Vanderbijlpark kampus. Die aanvraag na Afrikaanse Onderwysers in ons omgewing is so groot dat die hoeveelheid studente wat jaarliks hul graad verwerf met Afrikaans …

VANDERBIJLPARK. – Daar is tans ’n reuse tekort aan Afrikaanse onderwysers in die Vaaldriehoek en omliggende omgewing volgens Dr Rochelle Marais-Botha, Adjunk Vakleier vir Afrikaans vir Onderwys, verbonde aan die Noordwes-Universiteit Vanderbijlpark kampus. Die aanvraag na Afrikaanse Onderwysers in ons omgewing is so groot dat die hoeveelheid studente wat jaarliks hul graad verwerf met Afrikaans af hoofvak, nie voldoende is om hierdie aanvraag te bevredig nie.

Een van die grootste redes waarom potensiële studente huiwerig is om ’n BEd. Met Afrikaans vir Onderwys te studeer is omdat hulle internasionale deure wil oophou. Dr Marais-Botha meld egter dat studente wat in die Seniorfase studeer, twee hoofvakke kies. ’n Student sou dus Afrikaans as hoofvak kon neem om hom/haarself die beste kans in die plaaslike beroepsveld te gee, terwyl hulle tweede hoofvak steeds internasionale moontlikhede vir hulle oophou.

Potensiële studente kan ook kies om BEd. Intermediêre- of grondslagfase te studeer. In die Intermediêre fase spesialiseer studente of in Wiskunde, Wetenskap en Tegnologie OF Sosiale wetenskappe en Lewensvaardighede. Tale vorm egter ’n verpligte deel van hierdie kurrikulum en studente sal uiteindelik Afrikaans Huistaal kan aanbied asook Engels Eerste Addisionele Taal, wat weereens talle internasionale deure kan oopmaak. Aanlynaansoeke vir 2023 maak alreeds 1 April oop en Dr Marais-Botha moedig alle studente, wat spesifiek belangstel om hulle as Afrikaanse Onderwysers te bekwaam, aan om vir haar ‘n e-pos te stuur by 13089277@nwu.ac.za

 

Dr. Rochelle Marais-Botha
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version