CommunityLifestyleNews

As dit reën soos vandag, begin hierdie mense in hul hande huil!

Vyf gesinne word in hul erwe vasgekeer as dit reën. Dan is daar geen manier om deur die potklei te ry en uit hul erwe te kom nie!

VANDERBILPARK. – So 5 Km van Alex Roadhouse af op die Barragepad is daar 5 huisgesinne wat op die Nanescol-hoewes woon. Sommige se ouers het al 60 jaar terug daar gekoop. Alles was goed tot so 2 jaar terug toe Gautrans aan die pad voor hulle plotte begin werk het. Dit is nou ‘n groot gemors want hulle het nie meer direkte toegang om op die Barragepad te kom nie.

Volgens Gautrans mag hulle nie direkte toegang op die Barragepad kry nie – dis glo onwettig. Randstene is nou langs die pad opgesit om hulle te verhoed om van hul erwe af op die pad te kom. Hulle moet nou deur bure agter hulle se erwe ry om op ‘n ANDER pad te kom van waar hulle op die Barragepad kan klim. Die area is vol potklei en wanneer dit reën is hulle vasgekeer in hulle erwe. Mens kan dan glad nie met ‘n gewone kar daar ry nie en 4×4 voertuie sit in die klei vas.

Wie het raad oor hoe ons hierdie mense kan help want hulle het eindelose frustrasies? Hulle het al hul raadslede en Emfuleni se paaie-afdeling gekontak vir hulp maar niemand kry iets reg nie. Is daar enige siviele ingenieurs of ander kundige mense wat raad het oor hoe hulle situasie verbeter kan word? Hierdie mense is almal hardwerkende mense wat ‘n goeie lewe probeer maak, maar op die oomblik is hul wêreld ‘n gemors van modder en mismoedigheid! As iemand raad het, kontak Vaalweekblad asseblief by 083 246 0523 sodat ons kan probeer om georganiseerde hulp vir hulle te kry.

Wanneer dit reën, moet inwoners van 5 Nanescol-hoewes deur riviere van modder en potklei ry om in en uit hul erwe te kom. Gewone karre kan gladnie daardeur ry nie en selfs 4×4 voertuie val vas.

You can read the full story on our App. Download it here.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button