Barok musiek by die ERT

Beleef Barok musiek op periode instrumente.

SASOLBURG. – Dis tyd vir ‘n reis terug in tyd. Kom ontspan op Sondagmiddag, 31 Oktboer 2021 in die Etienne Rousseau Teater en beleef barok musiek soos dit oorspronklik geskryf is.

Fons Partita is ‘n Barok ensemble wat musiek uit die Barok era op periode instrumente speel.

Foto’s verskaf

“Ons gaan ook met die dekor se kleure en die beligting speel om die regte atmosfeer te skep. Ons gaan jou na die Barok tydperk verplaas,” sê Herman.

Sondag se program. Foto: verskaf

Die vertoning begin om 14:00 en kaartjies is R150 per person. Bespreek deur ‘n versoek te WhatsApp na 0632175147.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version