MEYERTON. – Risiville het die wedstryd by Laerskool Midvaal in Meyerton oorwegend met 80 lopies gewen danksy ’n uitmuntende kolfvertoning wat later opgevolg is met goeie boulwerk.
Dit is veral Risiville se Giangi Morrico (57 lopies), Mican Nel (33 lopies) en Righard Kruger (22 lopies) wat op die kolfblad geskitter het.
Jandre Spangenberg, Vaugn van Vuuren, Milne Matthiesen en Kean Meyer het die paaltjies vir Laerskool Risiville laat kantel.