Local newsNationalNewsNewsPhoto GalleriesSchoolSport

Risiville se o.11-span eindig krieketseisoen onoorwonne

Laerskool Risiville se o.11-krieketspan het onlangs die krieketseisoen onoorwonne afgesluit danksy hul sege oor Laerskool Midvaal op Dinsdag 21 September 2021.

MEYERTON. – Risiville het die wedstryd by Laerskool Midvaal in Meyerton oorwegend met 80 lopies gewen danksy ’n uitmuntende kolfvertoning wat later opgevolg is met goeie boulwerk.
 
 
Dit is veral Risiville se Giangi Morrico (57 lopies), Mican Nel (33 lopies) en Righard Kruger (22 lopies) wat op die kolfblad geskitter het.
 
Jandre Spangenberg, Vaugn van Vuuren, Milne Matthiesen en Kean Meyer het die paaltjies vir Laerskool Risiville laat kantel.
Laerskool Risiville se o.11-krieketspan het die krieketseisoen onoorwonne afgesluit danksy hul sege oor Laerskool Midvaal op Dinsdag 21 September 2021. Foto: Verskaf

 

 
Check Also
Close
Back to top button