Local newsNews

Erfenisdag kleurvol gevier

Verskeie skole het in aanloop tot 24 September, Erfenisdag gevier.

Verskeie skole het foto’s ingestuur van hul Erfenisdagvieringe verlede week.

HTS Sasolburg se personeel in hul kleurvolle tradisionele drag. Foto: Facebook

By die HTS Sasolburg het die leerlinge en peroneel in hul tradisionele drag gepronk.

Leerlinge is ook die geleentheid gebied om tradisionele poësie voor te dra.

Die Vaal Triangle Academy in Vanderbijlpark het bykans die hele week opsy gesit  om op Suid-Afrika se ryke kuturele erfenis te konsentreer.

Van links: Lizélle Wilkinson (Voortrekker-rok), Adriana Fernandez, Rosy Fernandez (Portuguese uitrustings) & Itumeleng Ramakau (Sotho uitrusting). Foto: Verskaf

Maandag is daar volgens die Groot 5 of ‘n gunsteling sportspan aangetrek.

Dinsdag het elkeen die geleentheid gehad om volgens ‘n ander kultuur aan te trek, en  Woensdag kon almal volgens hul eie  onderskeie kulture aantrek.

Elkeen kon ook kos skool toe bring wat tradisioneel eie is aan die verskillende kulture.

So is daar inligting gedeel en baie bymekaar geleer.

Lumiére Primêre skool in Vaalpark se leerlinge het ook op 23 September met hul tradsionele kleredrag gespog.

Die dag is in ‘n ligte luim gevier en almal het dit geniet. 

Vir meer foto’s gaan loer gerus op die onderskeie skole se Facebookblaaie.

Lumiére Primêr het Erfenisdag op 23 September gevier. Foto verskaf

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button