HealthNationalNews

Ramaphosa kondig strenger Vlak 4 inperking aan

Hier is die nuwe reëls wat in Vlak 4 sal geld

Suid-Afrika beweeg na ‘n aangepaste Vlak 4 van die inperking wat vanaf Maandag 28 Junie 2021 vir 2 weke sal geld.

Pres. Cyril Ramaphosa het Sondagaand aangekondig dat strenger maatreëls ingestel word, weens die derde vlaag van infeksies wat deur die hoogs aansteeklike Delta-variant (wat die eerste keer in Indië opgemerk is) gedryf word. “Ons is bekommerd oor die vinnige oordrag van die Delta-variant, dit is dubbel so aansteeklik as die ander variante. Die variant is reeds in vyf provinsies aangemeld.” – waarsku Ramaphosa.
Die volgende maatreeëls sal vir die volgende 14 dae geld (van môre Maandag, 28 Junie tot Sondag 11 Julie) – dit sal daarna weer hersien word:
* Alle byeenkomste word verbied – behalwe begrafnisse en verassingsdienste (Nie meer as 50 mense mag dit bywoon nie.)
* Aandklokreël geld nou van 21:00 tot 04:00.
* Algehele verbod op alkoholverkope
* Alle openbare ruimtes soos parke, strande bly oop – maar geen samekomste daar nie
* Reise na Gauteng vir ontspanningsdoeleindes word verbied (vervoer vir werk ens. en vervoer van goedere en dienste word nog toegelaat)
* Restaurante mag slegs wegneemetes bedien of aflewer(geen aansitetes nie)
* Die winterskoolvakansie word vervroeg: Skole sal vanaf Woensdag gesluit word, en alle skole moet teen Vrydag gesluit wees (Onderwysminister Angie Motshekga sal later besonderhede verskaf)
* Kontakklasse by tersiëre instellings opgeskort
* Dit is ‘n strafregtelike ootreding om nie ‘n gesigmasker oor jou mond en neus te dra nie
* Werkgewers moet hulle werknemers toelaat om van die huis te werk indien moontlik
Ramaphosa sê die derde vlaag gaan erger wees as die ander twee. “Die kruin van die derde vlaag gaan na verwagting hoër wees as die ander twee en langer duur. Die 1ste golf het 15 weke geduur en die 2de golf 9 weke. Vroeë aanduidings wys dat die 3de vlaag langer kan langer duur.”

Pres Cyril Ramaphosa

*****************************************************************************************************

Back to top button