AmusingNationalNews

Dit laat mens amper in spoke glo!

‘Onsigbare gees’ vlieg glo met stasievoorman oor peron

As jy, soos Vaalweekblad se verslaggewers, nie aan die bestaan van spoke glo nie, kan jy gerus Vaalweekblad se 55 Jaar herdenkingsboek, Legendes en ellendes uit die Vaal, aanskaf en vir jouself besluit…

Buiten honderde ander ou berigte en foto’s bevat die boek ook ‘n paar stories oor “spoke” wat deur die dekades in die Vaaldriehoek opgeteken is. Stories soos die onheilspellende spookligte wat gereeld in die 1960s en 70’s by De Deur gesien is; ‘n afkop-motorfietsryer in Henley-on-Klip; ‘n ou plaashuis waar onsigbare blaffende honde steeds gehoor kan word, en ‘n stasievoorman wat beweer dat ‘n “gees” met hom oor ‘n treinperron gevlieg het.

Lees meer oor die Vaaldriehoek se ou dae in Legendes en ellendes uit die Vaal, wat tans te koop is. Die boek kos R350 en sluit BTW en aflewering in die Vaaldriehoek in.Vir meer inligting of om ‘n boek te bestel, stuur jou naam en adres in ‘n SMS, WhatsApp of Telegram-boodskap na Retha by 083 246 0523.

Mnr. Gerhard Maritz, wat op sy dag stasievoorman van die Daleside-spoorwegstasie in Midvaal was, en later sekuriteitsbestuurder by Vaalgate, het vertel hoe ‘n spook in 1968 met hom oor ‘n treinperron gevlieg het

**************************************************************************************************************************

Back to top button