CommunityNews

Só lyk ons weervoorspelling vir vandag

Bewolk oor groot dele van Vaalweekblad se lesersgebied

Daar sak sedert gisteraand lekker reën oor die grootste deel van die Vaaldriehoek uit.

Volgens Jenny Schreuder van Sasolburg het dit laasnag omstreeks middernag liggies in Sasolburg begin reën en tot dusver het sy 22mm gemeet. Sy sê dit is steeds bewolk en koud. Vanderbijlparkers laat weet dat dit laasnag omstreeks 04:00 behoorlik gesous het in dié dorp – veral in die suidelike areas.

Laat weet ons asseblief in die Facebook-kommentaarblokkie waar julle bly en of dit by julle ook reën of gereën het. As jy ‘n reënmeter het, laat weet asseblief ook hoeveel dit gereën het.

Hier is die Suid-Afrikaanse Weerdiens se voorspellings vir vandag (30 April 2021) in Vaalweekblad-aanlyn se hoof-lesersgebiede:

Gauteng: Gedeeltelik bewolk en koel met verspreide buie en donderbuie.

Vrystaat: Bewolk, word gedeeltelik bewolk en koud tot koel met geïsoleerde buie en donderbuie, maar versprei oor die ooste.

Noordwes: Bewolk, word gedeeltelik bewolk en koel met enkele buie en donderbuie, maar versprei oor die ooste.

GENIET DIE LEKKER PANNEKOEKWEER EN BESTUUR VEILIG AS JULLE OP DIE PAAIE GAAN WEES!

Jenny Schreuder van Sasolburg se watermeter vanoggend, 30 April 2021

****************************************************************************************************************************

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button