AmusingNationalNews

Spook ry saam trein vanaf V’ging se netjiese treinstasie

Vereeniging se stasie was eens die mooiste in Suid-Afrika!

Retha Fitchat

Het jy geweet dat Vereeniging se treinstasie ‘n paar dekades gelede elke jaar as die mooiste en skoonste spoorwegstasie in Suid-Afrika aangewys is?

Dié treinstasie het ‘n lang en interessante geskiedenis wat al in die 1890’s begin het. Ouer Vaaldriehoekers onthou nog met nostalgie hoe hulle as kinders Sondae vir die plesier gaan kyk het hoe die treine stiptelik inkom en vertrek.

Dan was daar ook die onverbeterlike stasiepasteie wat in die skitterskoon spoorwegrestaurant aan besoekers bedien is.

En dan was daar by geleentheid ook ‘n spook wat ongenooid saam treingery het – tot skok en ongeloof van ‘n geharde treindrywer! Lees meer hieroor in Vaalweekblad se 55 Jaar Herdenkingsboek, Legendes en ellendes uit die Vaal.

Die boek kos R350 en sluit BTW en aflewering in Vaaldriehoekse dorpsgebiede in. Om te bestel, stuur ‘n SMS of WhatsApp aan Retha by 083 246 0523, Nicky by 083 744 7711, of stuur ‘n e-pos na rfichat@media24.com.

 

**********************************************************************************************************************

Back to top button