DENEYSVILLE. – Die departement van waterwese het 17:00 Maandagaand laat weet dat die Vaaldam nou 100% vol is.
Dit is die eerste keer sedert 2017 wat die dam heeltemal vol is.
Dit volg skaars ‘n paar maande nadat die dam se watervlakke in Oktober verlede jaar tot onder 30% gedaal het.
Volgens Sputnik Ratau, ’n woordvoerder vir die departement van waterwese, is daar steeds ’n sterk invloei van water vanuit die Vaaldam se opvangsgebied.