Toe proe hy ‘n stadsmeisie se vetkoek en sy wêreld verander…

Ou advertensie laat mense vandag nog skater!

Lukas Meyer, oud-nuusredakteur van Rapport, deel vandag hierdie foto en humoristiese opmerking.
Dis bietjie onduidelik – maar die onderskrif lees: “Pa wou niks weet van stadsmeisies nie. Toe proe hy Sarie se vetkoek!”
Ma lyk in haar skik en Ouboet lag breed.
Dié advertensie in Landbouweekblad kom al van 1967.
Sekere dinge sal ook nooit verander nie. Anchor suurdeeg en vetkoek bly steeds ‘n wenner. Ons lag nog altyd vir dieselfde grappies. En Afrikaners is plesierig, sing Karen Zoid.
**************************************************************
Exit mobile version