AmusingLocal newsNews

Valies, onthou julle nog 39 jaar gelede se sneeu?

September 1981 was dit YSIG in die Vaaldriehoek

 

Retha Fitchat

Inwoners van die Vaaldriehoek wat dink dat ons vanjaar ‘n ongekende koue Lentedag beleef het, het seker vergeet hoe koud ons in die eerste twee weke van September 1981 gekry het! Trouens, dit was so koud dat dit van 6 September tot 11 September daardie jaar op verskeie plekke in die Vaaldriehoek en omliggende gebiede gesneeu het. Die foto het hierbo het in daardie tyd in Vaalweekblad verskyn. (Terwyl julle op dié ou blad uit ons koerantargiewe is, kyk sommer op die linkerkantste blad wat het ons 39 jaar gelede vir weelderige huise in die Vaaldriehoek betaal! R45 000 vir ‘n nuutgeboude 3-slaapkamerhuis met 2 badkamers in Vanderbijlpark!).

Back to top button