Dit was klappertand koud

VANDERBIJLPARK. – Suid-Afrika beleef ‘n besonderse koue winter. Dit herinner aan die 1980s waar ons elke oggend voor skool op die witgerypte skoolvelde gegly het dat die sweetpakbroeke nat kolle op die knieë gehad het.

Daardie jare was kombersjasse (die jasse was letterlik van komberse gemaak) die in ding en almal het serpe en handskoene gehad.

‘n Gevriesde tuinfonteintjie. Foto: Nicoleen Harmse

Die afgelope 29 jaar het dit gevoel asof die winters nie meer so erg byt hier op die hoëveld nie. Tot hierdie jaar. Julie van 2020 sal nie net vir Covid-19 onthou word nie, maar ook as die jaar wat die kwik weer gereeld tot onder vriespunt geval het.

Die natuur se kunswerk. Water wat oornag in die tuinfonteintjie gevries het. Foto: Nicolene Harmse

Nicoleen Harmse van Vanderbijlpark het die foto’s ingestuur waar ‘n tuinfonteintjie oornag gevries het gedurende die ekstra koue nagte in Julie. Woensdagoggend, 15 Julie om 07:40 het haar slimfoon toep die temperatuur as -5 ˚C aangedui en die aanvoelbare temperatuur as -9 ˚C. Donderdag, 16 Julie om 06:41 was die temperatuur weer -5˚C en die aanvoelbare temperatuur -7˚C.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version