Valies kan internasionale ruimtestasie op dié datums sien

Goeie nuus vir plaaslike inwoners wat die Internasionale Ruimtestasie (ISS) graag in vlug wil sien, kan gerus ‘n aantekening van die onderstaande dae en tye maak

 

Daar is tans hernude belangstelling in die Internasionale Ruimtestasie (“International Space Station”/ISS) nadat daar die afgelope naweek ‘n suksesvolle en unieke sending na die ruimtestasie plaasgevind het. Dit was die eerste bemande sending vanaf Amerikaanse grondgebied in byna ‘n dekade.

Die lansering van die SpaceX-kapsule is deur ‘n privaatmaatskappy met ‘n sterk Suid-Afrikaanse konneksie gedoen. Die eienaar van die maatskappy is Elon Musk, ‘n oud-Suid-Afrikaner wat sy skooljare in Pretoria voltooi het. Die lansering is verder uniek omdat die eerstefase-aandryfvuurpyl outomaties herwin is deurdat dit self op ‘n platform geland het. Belangstellendes sal in die komende weke heelwat nuusbrokkies, opgedateerde inligting en feite oor die sending in die internasionale media kan volg.

Goeie nuus vir plaaslike inwoners wat die Internasionale Ruimtestasie (ISS) graag in vlug wil sien, kan gerus ‘n aantekening van die onderstaande dae en tye maak, wanneer dit in die hemelruim bokant die Vaaldriehoek te sien sal wees:

Let wel: Die begintyd is wanneer die ISS op ‘n bepaalde datum sigbaar sal begin word. Die laaste tyd is wanneer dit die laaste op ‘n bepaalde datum sigbaar sal wees. Die grade is die aantal grade bo die horison. Die rigting dui die rigting aan waar die ISS sigbaar sal wees.Dinsdag 9 Junie: Begin (19:48, 10 grade, Noord); Laaste (19:49, 13 grade, Noord)Woensdag 10 Junie: Begin (19:02, 10 grade, NNO); Laaste (19:04, 12 grade, NO)Donderdag 11 Junie: Begin (19:49, 10 grade, NW); Laaste (19:51, 32 grade, WNW)Vrydag 12 Junie: Begin (19:01, 10 grade, NNW); Laaste (19:06, 32 grade, OSO)Saterdag 13 Junie: Begin (19:52, 10 grade, WSW); Laaste (19:53, 10 grade, SW)Sondag 14 Junie: Begin (19:03, 10 grade, WNW); Laaste (19:08, 10 grade, Suid)

Geniet die hemelruim en al sy satelliete!

Exit mobile version