Local newsNewsNews

Nog prag-foto’s om die week af te skop

Dis 'n nuwe week met nuwe uitdaging ... en ook 'n rits nuwe foto's wat met die komplimente van die "lockdown-fotograwe" verskaf word.

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het besluit om die beste van die inperking te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Daar is ook nou fotograwe wat die voorreg het om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem. Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, stuur dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.

Anita Bester van Kempton Park het die pragtige kunsfoto opgestel en geneem.
Bennie Henning van Germiston het die mooi natuurfoto geneem.
Hierdie oulike gevreetjie is Eileen Pretorius van Alberton se viervoetkind.
Hanti Pretorius van Vereeniging het hierdie smeulende rooi “skat” in die tuin afgeneem.
Hennie Coetsee van Meyerton het hierdie uitstekende makrofoto geneem.
Johan Froneman van Vanderbijlpark het hierdie pragtige natuurfoto geneem.
Manie Koekemoer van Vanderbijlpark het hierdie mooi wolkformasie gesien en afgeneem.
Michelle Hart van Sasolburg het hierdie mooi vlinder in haar tuin afgeneem.
June Bartlett van George het die mooi foto van haar klein hartedief, Yuki, geneem.
Nico Potgieter van Vanderbijlpark het die pratige en kleurryke makrofoto geneem.
Ria Viljoen van Garsfontein het die foto in skakerings van groen geneem.
Kirsty Jacobs van Sasolburg het hierdie lieflike natuurfoto in herfs gewaad geneem.
Natasja Kruger van Vereeniging het ook die prag van herfs vasgevang.
Cherize Grobler van Sasolburg her die klein geveerde vriendjie in die tuin afgeneem.

 
Back to top button