AmusingLocal newsNationalNews

Wessie se perfekte raad as jy wil ophou rook

"Dis nou al 55 jaar en het nooit weer gerook nie!"

Wessie van der Westhuizen van die Vaaldriehoek skryf:

Mense, ek weet nie hoekom julle so sukkel met die rookding nie.

Sal julle gou vertel hoe om dadelik te stop. Toe ek ‘n boy scout was op ‘n week-kamp het die manne se sigarette klaar geraak. Al wat daar in die veld was, was donkiebolle.

Omdat ek nie gerook het nie, het ek gedink dit is maar reg. Draai toe ‘n paar zolle, steek aan en trek diep in. Die volgende oomblik was my keelgat aan die brand en dit brand al die pad tot in my maag, waar dit ontplof. Sal maar nie sê wat alles uitgekom het nie.

Net daar en dan besluit ek dit is net grootmense wat kan rook. Dit is nou al 55 jaar terug en het nog nooit weer gerook nie.

Back to top button