LetterNewsNewsOpinions

‘n Moeder pleit vir haar kind

Waar begin ek?

Meer as ‘n jaar gelede het my dogter wat gesond was, skielik siek geword. My grooste nagmerrie! Sy het ‘n siekte opgedoen, maar tot dusver kon die dokters nie uitvind wat haar toestand veroorsaak nie. My kind bloei, daar gaan nie ‘n dag om wat sy nie pyn het nie.

Sy werk nie meer nie, sy gaan nie eens uit nie. Haar bloed stol nie, so sou sy in ‘n ongeluk kom, sal sy doodbloei. Die bloed loop in haar weefsels in, dit laat haar arms en voete swel. Dit veroorsaak erge pyn en sy kry vreeslike bloukolle asof sy aangerand is. Sy is byna elke maand is die hospitaal en word net vir die simptome behandel (gee vir haar bloed en plasma oortappings). Dan verbeter haar toestand tydelik vir so ‘n week en alles begin weer.

Toe kom my nagmerrie dag – 15 Januarie vanjaar. Sy het ‘n erge hoofpyn gekry en die volgende oggend toe ek haar wou wakker maak, kon ek haar nie wakker kry nie – sy was in ‘n koma – die drukking in die brein was te erg. Sy het bloeding en ‘n bloedklont op die brein. Sy is met ’n helikopter na die Unie-hospitaal in Alberton vervoer waar ’n neurochirurg vir haar gewag het.

My dogter met haar lang pragtige hare het ‘n breinoperasie ondergaan om haar lewe te red. Sy was vir 19 dae in die Intensiewe Sorgeenheid – lang, moeilike dae. Sy het ‘n week later nog ‘n operasie ondergaan.

Sy is swak, maar sy is uit die hospitaal, maar dit lyk of daar ‘n hematoom op haar voorkop vorm. My man het in Desember sy werk verloor, maar ons het geweet kom wat wil, ons moet medies hê vir haar. Dank die Here daarvoor.

Maar die rekenings stroom in en byna alle dokters vra meer as mediese tariewe, wat ons op hierdie stadium al met reusebedrae van oor die R90 000 laat en die einde is nog nie in sig nie. Ek staan hier vandag om hulp te vra vir die tyd van nood waarin ons verkeer.

Ek moet aan ‘n manier dink om fondse in te samel. Ek het besluit om ‘n Avon geskenkpak ter waarde van sowat R3 300 as geskenk te gee teen R50 ‘n kaartjie. Oorweeg dit asseblief om ‘n lootjie te vat, dit is vir ‘n goeie doel! Kontak Corne by 079 0570 100.

Rekeningbesonderhede: C C Smith

Tjekrekening

Rekeningnommer: 021831963

Standard Bank

Tak: Vereeniging

014-637 takkode

Back to top button